R337,50
Grote: 21.5cm x 21.5cm
In “Die Reënboog behoort aan Yahuah”, vertrek ons op ‘n kleurvolle en aangrypende reis waarin ons Yah se beloftes en liefde vier! Die mooi saamgestelde kinderboek neem jong lesers op ‘n boeiende ontdekkingstog van die reënboog se betekenis, soos deurgegee in die Geskrifte.
Ontdek die verhaal agter Yah se verbond, leer van die simboliek van die sewe kleure en ontdek dieper insigte wat versteek is. Met helde, lewendige illustrasies en ‘n Skirf gebasseerde skrywe, word kinders geïnspireer om die skoonheid van Yah se beloftes hul eie te maak en om hulle te verheug in Sy ewigdurende liefde.
Regdeur die blaaie van die boek, sal kinders geleer word aangaande geloof, eenheid en voortdurende teenwoordigheid van Yah in hul lewe. “Die Reënboog behoort aan Yahuah” is ‘n opbouende en opvoedkundige hulpbron wat ‘n soeke in hulle sal wakker maak, geestelike groei sal meebring en ‘n sterk konneksie met Yah se lering sal vasmaak in hul harte.





