Het Jesus Regtig Water in Wyn Verander? – Chris van Niekerk

Categories: ,

R93,75

Grote: 205cm x 14.5cm

Water, bloed en “wyn” speel ‘n baie belangrike rol in die Bybel en dien beide as simboliek en patroon van God se wil en plan vir die mensdom. Daar is ooreenstemmende asook teenstrydige patroon en simboliek wat deur water, bloed en wyn voorgestel word, veral wanneer dit kom by die vraag of “wyn” altyd na alkoholiese wyn verwys.

Water is simbolies van die Woord, oordeel, reiniging, ewige lewe en die Heilige Gees. Bloed is simbolies van lewe, verbond, vergifnis, reiniging en redding.”Wyn” is simbolies van bloed, vergifnis, reiniging en voorsiening. Elkeen van hierdie elemente openbaar die patroon van God se redding, liefde en genade.