Hooglied Werkboek – Yolandie Mostert

Categories: ,

Original price was: R78,00.Current price is: R39,00.

Grote: 21cm x 41.5cm

Hierdie werksboek moet saam met die volledige Hoogliedboek in lesings gebruik word.

Die meeste gelowiges vind Hooglied vreemd en onverstaanbaar. Dit hoef nie so te wees nie. Hooglied is nie net ‘n romantiese storie nie. Hooglied is prakties en relevant vir vandag.

Hooglied begin met ‘n jongmeisie se uitroep na meer, na dieper en na nader. Hierdie meisie verteenwoordig elkeen van ons wat ‘n gebeerte het om nie net van God te weet nie, maar om Hom te ken.

Hierdie uitroep bring ons op die pad na geestelike volwassenheid. Dis ‘n pad vol toetse, uitdagings en oorwinnings, deur valleie en bo-oor bergtoppe. Saam met die jongmeisie in Hooglied, word ons gelei op ‘n opwindende reis van geestelike grootword na ‘n plek van oorvloedige vrug, vrede en vervulling.

In hierdie werksboek:

  • Inleiding tot Hooglied
  • Hooglied vers-vir-vers (met plek vir notas)
  • Introspeksie na elke afdeling
  • Die antieke hebreeuse bruilof

Hierdie is nie die volledige Hoogliedboek nie. Dit bevat slegs die raamwerk met spasies vir eie aantekeninge. Die doel van die werkboek is om lesings en werkswinkels te vergemaklik vir die wat dit bywoon.

 

 

50% Discount on selective books