R206,25
Grote: 20.5cm x 14.5cm
MIRRE, ‘n antieke geskenk wat moderne genesing bring aan élke persoon wat “ja” antwoord op die vraag: “Ken jy die bitter pyn van swaarkry?” In Antieke tye was mirre (wat “bitter” beteken) een van die belangrikste handelsmiddele, hoofsaaklik weens die medisnale waarde daarvan. Hierdie geskenk aan die Jesus-kind, was vir tweeduisend jaar bloot dit: één van Jesus se geskenke tesame met goud en wierook. Maar, die tyd het gekom dat die geheim onthul word: Mirre, die bitter plant met ‘n soet geur, profeteer dat jou bitter swaarkry, soet waarde het!
Mirre verkondig sy verhaal van genesing regdeur die Skrif. In die Ou Testament ontvou Moses, Josef, Ester en Salomo eie-soortige mirreverhale! In die Nuwe Testament word Jésus ons lewende Mirre! Ook jy kan deel word van ‘n moderne verhaal van mirre-genesing.
Mirre, die mees populêre olie in die Bybel verander jou seer in ‘n salwing!





