R218,75 Original price was: R218,75.R109,37Current price is: R109,37.
Grote: 21.5cm x 15cm
Sarah het toe sy 12 jaar oud was haar lewe ten volle verbind aan haar Eerste Liefde, Yeshua. Sy het haar lewe toegewy om Hom te soek, om na Sy stem te luister en om die Bruid van Yeshua voor te berei vir die tyd wanneer Hy die basuin gaan blaas. ‘n Intense snoei proses en dieper heiligmaking van haar hart deur Abba 3 jaar gelede was die aanduiding van die aanbreek van ‘n nuwe seisoen. Alhoewel die tydperk haar deur ‘n “padlose wildernis” reis geneem het en sy haar “koudste winter” ooit beleef het; was die seisoen op ‘n kritieke doelwit gemik – Yeshua was besig om haar nader aan Hom te trek.
In hierdie boek deel Sarah die hoofstukke van haar lewensverhaal – die stryd, gebrokenheid, seer en dan ten slotte die heel word wat sy tendens die brutale, tog noodsaaklike proses ontdek het. Om te groei was dit nodig dat Heilige Gees die werklikhede in haar lewe omskep in areas van dieper fokus instede daarvan om slegs elke dag doelloos voort te gaan. Die hartsdoel van hierdie boek is om die sleutel op te neem waarna Yeshua in Lukas 10:42 verwys het toe Hy vir Maria gesê het dat sy die “goeie deel” gekies het wat nie van haar weggeneem kan word nie.
As die bruid van Yeshua begeer ons ‘n pad van nabyheid en vriendskap met Abba. Dit is dus krities noodsaaklik dat ons ook die “goeie deel” ons eie sal maak.





