R474,00
Grote: 15.5cm x x23.5cm
Genesis beteken “in die begin”. Ons weet dat “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God…” (Joh 1:1)
Yeshua in die Begin is die eerste dagstukboek in die reeks, “Yeshua is die Woord”, wat lesers op ‘n reis deur die Bybel neem en die goue draad van die rol van Yeshua as Verlosser en Bruidegom deurgaans uitlig. Die doel is dat elkeen kan verstaan wat die kragtige simoliese verbintenisse tussen die Ou en Nuwe Testament is, dat Abba Vader ‘n Vader van verbond is, en hoe al die verhale soos ‘n legkaart inmekaarpas.
Ingedeel volgens die daaglikse gedeeltes of “parashahs” soos die Messiaanse Jode jaarliks die hele Bybel deurlees, verduidelik Roelf Craig die misterie van hierdie liefdesverhaal van ‘n Bruidegom wat sy bruid wil red en huis toe neem. Deurgaans word praktiese, alledaagse toepassings van die Woord uitgelig en lesers word uitgedaag om die toestand van hul harte te ondersoek om ‘n dieper, lewende verhouding met die Vader te bou en om deur die leiding van die Heilige Gees sy wil uit te leef.
Die simoliek van sleutelwoorde word verduidelik deur te kyk na hul oorspronklike Hebreeeuse betekenisse. Elke Hebreeuse letter word verder ook gekoppel aan ‘n getal en piktogram (prentjie) wat elke woord dus soveel ryker en dieper maak. Byvoorbeeld, die individuele letter van “In die begin” se Hebreeuse term, Bereshit, se saamgevoegde simoliese betekenisse kan soos volg geïnterpreteer word:
“Elohim sal ‘n huis skep deur verbond, Hy sal sy Seun as hoof van die huis aanstel. Hy sal Hom al die mag en al die outoriteit gee. Hy sal ‘n leermeester en ‘n verterende vuur wees. Hy sal die hand van God wees en sy teken sal ‘n kruis wees”.





