R250,00
Grote: 20.5cm x 14.5cm
Hierdie is ‘n boek wat die betekenis van ware liefde, soos Vader dit bestem het ondersoek. Die Griekse woord wat met “Liefde” vertaal word is “Agapé. Hierdie woord is ‘n werkswoord en verwys nie na ‘n emosie nie, maar na optrede. Yeshua sê juis in Johannes 14:15 dat as ons Hom liefhet, ons SU gebooie sal bewaar. Dus wor dliefde deur ons optrede van gehoorsaamheid geopenbaar. net so moet ons ook teeoor mekaar optree, sodat ons liefde kan ervaan duer dit wat ons hoor, sien en voel. Wanneer hierdie liefde ontbreek, veroorsaak dit emosionele spanning wat kan lei tot geestelike, emosionele en fisiese ongesteldhede. Dit beïnvloed ons belewenis van eksterne ervarings, gemoedstoestand en ons eie optrede wat ook ons identiteit, karakter en persoonlikheid beïnvloed.
Herstel kan plaasvind wanneer ons Vader se beginsels in Sy Woord, in ons lewens begin toepas. Sodoende kan ons verander word deur die vernuwing van ons gemoed, soos Paulus tereg daarna verwys.
Die doel van die boek is om bewustheid te kweek van hoe elke persoon se identiteit en karakter herstel kan word soos Vader dit bepaal het om te wees.





