God se Reddingsplan – Chris van Niekerk

Categories: ,

R125,00

Grote: 20.5cm x 14.5cm

God se Reddingsplan is ‘n boek wat handel oor Abba Fader se Feeste en Sy Sabbat, soos aan ons voorgehou word in Levitikus 23. Die belangrike opdrag wat Abba Vader aan ons gee is dat hierdie Feeste en Sabbat ‘n ewige instelling is wat Hy wil hê, ons as Sy kinders moet onderhou.

Die rede daarvoor is omdat Abba Vader se totale plan van redding in die Feeste opgesluit lê en die Feeste dien daarom as profetiese Woord om Abba se plan van redding aan die mensdom te openbaar. Daarom dat Yeshua (Jesus) elkeen van hierdie Feeste gedeeltelik of volledig vervul het met Sy eerste koms na die aarde en Hy al die Feeste volledig gaan vervul met Sy wederkoms.

Dit is daarom belangrik dat ons as dissipels van Yeshua en kinders van Abba Vader die patroon van die Feeste sal herken, erken en dit onderhou, soos Abba se opdrag aan ons in Sy Woord.