R187,50
Grote: 24cm x 16.5cm
Goddelike openbaring deur drome en visioene
Hierdie boek is vir mense wat drome droom, visioene sien en soek na die verskuilde boodskappe wat God aan hulle openbaar. Dit is gebarseer op die interpretasie van droom simbole vanuit ‘n Bybelse en Heilige Gees openbarings konteks.
Die boek is ‘n ideale werktuig om veral mense wat betrokke is in profetiese bedienings, te help om te verstaan watter aspekte die Heilige Gees beklemtoon. Dit is ook vir geestelik sensitiewe mense met profetiese gawes.
Dit kan ook help om die waarskuwings, beloftes en openbarings en God se geheimenisse wat Hy openbaar deur simbole, allegorie en beeldspraak, te verstaan. Net soos die profete van ouds kan jy ook verstaan wat God aan jou sê.
Die klem bly op ‘n Geesgevulde verhouding met Jesus Christus, en met die wete dat die antwoord op elke vraag in die Bybel (Woord van God) gevind kan word en day jy net moet toelaat dat die Heilige Gees jou daarin begelei (Ps25:14)
Aan God al die eer!





