R375,00 Original price was: R375,00.R187,50Current price is: R187,50.
Grote: 21cm x 15cm
‘Search for wisdom as for the hidden treasure” (Prov 2)
Sedert die eerste druk van my boek: ‘Hooglied – die opwindende reis van bruidwees” in 2019, het baie water in die see geloop. Soveel nuwe lesse is geleer, verskillende seisoene is deurleef en dieper skatte is ontdek. Daar was soveel kere wat ek gewens het ek kon hierdie stukkie openbaring of daardie stukkie waarheid in die boek ingesluit het.
Tog weet ek dat die eerste boek die regte afgemete hoeveelheid was vir baie wat die eerste keer met Hooglied te doen gekry het. Tydens die oorgang van die geestelike seisoen in 2022, kon ek verskuiwing in die gees duidelik bemerk. Ook binne in my eie gees het daar ‘n verandering plaasgevind. Dis asof daar ‘n verseëlde fontein oopgemaak is in my diepste wese en dieper insig het begin opborrel. Skifte, gepaard met insig het soos klein borreltjies op die oppervlak gebreek en dit het amper gevoel asof ek hulle nie vinnig genoeg kon vasvat nie. Na die Fees van Basuingeklank, het die Heilige Gees dit wat ek ervaar het, bevestig, en ek besef dat die tyd aangebreek het om dieper skatte neer te pen.





