R78,00
Grote: 21cm x 15cm
Die belangrikste profetiese stem in jou lewe is wanneer jy die Lewende Woord van God oor jou lewe spreek en bid. “Want die getuienis van Jesus Christus is die gees van die profesie.” Open 19:10
Daar is ‘n groeiende begeerte in die hart van baie gelowiges om die geskrewe Woord van God te bid – dié Woord wat nie ledig sal terugkeer nie. Hulle wil nie net Sy Stem hoor nie, maar wil ook Sy Woorde bid! Die hele Boek van Psalms is insigself ‘n geskrewe gebed!
Hierdie boek het oor ‘n tydperk van vyf jaar spontaan tot stand gekom vanuit die gebedsbehoeftes van diegene wat hier in die gebedskamer in Kaapstad kom bid het. Dit bevat basies gebede reg uit die Bybel, herskryf in gebedsformaat.
Wanneer ons uit die Skrif bid, herinner ons die Here aan Sy beloftes. Sy Woord en ook al Sy Name is Sy beloftes aan ons. Laat ons dan met vrymoedigheid voor Sy Troon van Genade kom!





