R104,00
Out of stock
Grote: 24cm x 17.5cm
Wonder jy wat beteken die vreemde simbole en situasies wat in jou drome voorkom? Wonder jy of dit God is wat met jou “praat” deur Drome en Visioene?
Hoor en verstaan die waarskuwings, beloftes en openbarings wat God aan jou gee deur drome en visioene.
Oor die eeue het God met mense deur middel van drome en visioene gepraat. Op dieselfde wyse wat Jesus profeties deur gelykenisse gepraat het, praat Hy steeds met jou deur geheimenisse van die toekoms en verlede te openbaar deur simbole, getalle en Sy Woord.
Net soos die profete van ouds kan jy ook verstaan wat jou drome en visioene beteken deur ‘n dieper geestelike begrip te ontwikkel om te verstaan wat God aan jou sê. ‘n Baie belangrike stap is om te begin om jou drome en visioene neer te skryf (Hab 22:2) ten einde ‘n rekord te hê van jou drome, en om dit terselfdertyd uit te lê.
Hierdie Joernaal is voorberei vir mense wat drome droom, visioene sien en na die verskuilde boodskappe van God te soek.
Die klem bly op ‘n Geesgevulde verhouding met Jesus Christus, en met die wete dat die antworod lê in ‘n geesvervulde verhouding met God en nie op die letterlike interpretasie van simbole nie.
Die Here openbaar Sy geheimenisse aan hulle wat Hom liefhet, Hy sal aan hulle sy verbond openbaar (Ps 25:14).
Alle eer aan God





