R125,00 Original price was: R125,00.R62,50Current price is: R62,50.
Grote: 20.5cm x 14.5cm
Hebrew Roots – Vrug of Distel is ‘n boek wat handel oor die moontlike gevare van die Hebrew Roots Beweging (HRB).
Christene vandag verlang meer uit hulle geloof as wat daar deur die jare aan hulle voorgehou is. Hulle weet daar is meer en wanneer hulle kennis maak met die Hebreeuse kultuur besef hulle dat die Bybel baie meer betekenis het wanneer daar beter begrip vir die Hebreeuse kultuur is.
Om hulle soeke te bevredig raak hulle betrokke by organisasies wat hulle meer kan leer oor die Hebreeuse kultuur. So ‘n organisasie is die HRB. Die gevaar is dat hulle in Judaïsme ingetrek kan word en al hoe verder verwyder kan word van die volheid en die waarheid van Vader se Woord.
Met hierdie boek, poog ek om hierdie geware uit te lig.





