R300,00 Original price was: R300,00.R150,00Current price is: R150,00.
Grote: 21cm x 15cm
… Ek het die Heilige Gees se opdrag gehoor om van toonsoort te verander, die stemming van die musiek te verander, en om hoër op die register te speel. Ek was bewus dat die Heilige Gees besig was om iemand te bedien, met iemand te praat wat agter my staan… (Hemelse Klanke, Hoofstuk 9)
… Na ‘n paar oomblikke het die Heilige Gees die volgende opdrag gegee. Hy het gesê dat Hy van drie tot een sou aftel, en as ons by een kom, dat ek by die huis uit moes uithardloop na veiligheid… (Die Skuilplek, Hoofstuk 16)
… Ons het die tafel gedek, aangesit en gewag. Die Here sou mos die leë borde sien. Die Heilige Gees het met my begin praat. “Gaan kyk weer in jou koskaste,” sê Hy… (‘n Reistog – die geboorte van ‘n bediening, Hoofstuk 8)
Ek bid dat elkeen wat hierdie boek lees, sal leer om die Vader se Stem meer en meer te leer ken, te herken en te volg – met selfvertroue en sonder huiwering – sodat elkeen as oorwinnaar kan stap in hierdie moeilike dae waarin ons leef.





