R440,00
Size: 21cm x 14.5cm
“Ek het die basuin van ontwaking geblaas, maar nou basuin EK uit: “Bly wakker! Daar is geen tyd om te sluimer en slaap nie! Bly wakker totdat die ramshoring blaas, deur daagliks saam met My te wandel waar jy luister en gehoorsaam is.’
“Hierdie joernaal bevat die bladsye van My hart, aan jou geopenbaar deur Wysheid se pen. Hierdie boodskappe is manna vanuit die hemel vir elke dag. Ek begeer dat My mense in My tuin sal inkom en in hul intimiteit met My sal blom soos wat hulle dieper in die Allerheiligste inkom. Ek sal jou leer hoe om in te kom, so luister en neig jou oor. Hierdie boodskap is vir diegene wat bereidwillig is om te luister. Dit is vir My bruid wat gewillig is om op te staan en weg te kom as gevolg van ‘n honger na waarheid en geregtigheid. Nie almal sal dit ontvang en daarna luister en gehoorsaam wees nie maar laat diegene wat bereid is saam met My op hierdie reis wegkom, want Ek begeer om jou dieper in te lei sodat Ek die godsdienstige strukture deur die waarheid van My Gees kan afbreek.”