R325,00 Original price was: R325,00.R162,50Current price is: R162,50.
Grote: A4
Sing en luister saam!
Stories en liedjies uit die Bybel aangebied op ‘n kindervriendelike manier verskaf uitstekende geleentheid vir voorskoolse kinders om saam te luister en te gesels oor Bybelinhoud en waardes – by die kleuterskool, tydens kleuterkerk of by die huis.
Kinders sal aanklank vind by liedjies oor bekende Bybelfigure, soos Jona, Daniël en Moses. In die sewe musiekstories, ‘n interessante nuutjie in hierdie boek, word teks uit die Bybel gebruik om die verhale te vertel, met liedjies wat daarby pas. Met die hulp van ouers of opvoeders kan kinders die musiekstories, soos die gelykenis van die barmhartige Samaritaan, of die Kersverhaal, opvoer saam met die voorlesings en liedjies op die CD.
Bram Potgieter se pragtige muskale verwerkings en Marlie Katzke en André Terblanche se stemme sorg vir ure se luisterpret! Vir ouers of opvoeders verskaf die handige gebruiksgids agterin die boek aftergrond en idees oor hoe om die stories en liedjies te gebruik.





