Yeshua red ons uit Slawerny: Eksodus – Roelf Craig

Categories: ,

R474,00

Groote: 23cm x 15.5cm

Yeshua is die begin en die einde, en alles draai om Hom! In Openbaring 1:8, 1:17 en 22:3 sê Yeshua Hy is die Alfa en Omega, die eerste en die laaste, die begin en die einde. In Hebreeus is die die Aleph en Tav, wat beteken die Een wat almagtig begin, liefdevol lei, en volmaak voltooi – deur die kruis, in die verbond, tot die finale heerlikheid. Hy is die Koning van die Heelal, die Lam van God, die Verbond wat vir ewig standhou.

In hierdie boek, Yeshua red ons uit Slawerny – Eksodus, sien ons hoe alles na Yeshua wys: Hy kom red ons uit die slawerny van sonde deur die bloed van die Lam. Hy het ons vrygespreek om in verbod saam Hom te wandel en deel te wees van die droom wat Hy nog altyd vir ons gehad het. Ons Koning het sy Koninkryk verlaat (die hemel) en mens geword om my en jou te red van dit wat ons bind.

Yeshua het ons so lief dat Hy sy lewe gegee het om ons vry te koop van alles wat ons in slawerny hou. Net soos Abba Vader die kinders van Israel uit Egipte, hulle plek van slawerny, gelei het, so wil Hy jou uit jou eie “Egipte” lei – alles wat jou bind – na die droom wat Hy vir jou het. Die vraag is: Sal jy Hom toelaat?

 

50% Discount on selective books